2012 Foto van die Dag – 001/366

Anne-Marie van Kouevuur het vanoggend op Facebook ‘n interessante album begin:  People 2012.  Ek neem aan, na aanleiding van die opskrif by die eerste foto, dat sy elke dag een interessante foto gaan plaas – vir 366 dae… Sonja het vir my ‘n lekker kick-ass kamera geleen (nogmaals dankie Baby!)...

Anne-Marie van Kouevuur het vanoggend op Facebook ‘n interessante album begin:  People 2012.  Ek neem aan, na aanleiding van die opskrif by die eerste foto, dat sy elke dag een interessante foto gaan plaas – vir 366 dae…

Sonja het vir my ‘n lekker kick-ass kamera geleen (nogmaals dankie Baby!) en ek loop en soek ook oral mense en dinge om af te neem.  Toe ek Anne-Marie se foto sien, het ek dadelik gedink dit is wat ek ook hierdie jaar wil doen!

Ongelukkig kan ek myself nie beperk tot mense nie – partymaal sien ek net my kollegas se bakkies vir dae aaneen… ;-) – so ek gaan net ‘n “Foto van die Dag”-album aanpak.  So…  Hier is my eerste van 366 foto’s vir 2012.  Geniet die reis saam met my!

Foto van die Dag – 001/366

2012 Foto van die Dag : 001/366

2012 Foto van die Dag : 001/366

Omtrent hierdie foto…

Sonja is vir my die mooiste vrou onder die son.  Ek kan vir ure lank net vir haar kyk en elke dag miljoene foto’s van haar neem!  Ek kan die kere wat ek haar met grimering gesien het, op my een hand tel, en my persoonlike gevoel is dat daar geen grimering is wat haar natuurlike voorkoms kan verbeter nie.  Dit is net gepas dat ek hierdie album met haar begin – vir my is sy die verpersoonliking van ‘n stunning foto!

Hierdie foto is in die Mir Bacha Kot-distrik van Kabul-provinsie geneem.  Ons was op besoek aan die plaaslike departement (DAIL) van die Ministerie van Landbou (MAIL).  Soos dit enige kultuur-sensitiewe besoeker aan Afghanistan betaam, het Sonja haar kop bedek met ‘n serp wat sy die vorige dag in die straatmark in Shar-e-Now gekoop het.  Selfs met die kopdoek het sy telkens die koppe laat draai!

Tegniese stuff

Camera:  Canon EOS 400D Digital
Lens:  Canon EF-S 18-55mm 1:3.5 – 5.6 II
ISO:  400
F-number:  f/5.6
Exposure Time: 1/60 sec
Focal length:  39.0mm
Flash:  Flash fired, auto mode, red-eye reduction mode
Exposure program:  Portrait mode
File date:  January 01, 2012, 11:36:56 AM

Sien dit op Flicker!

Jy kan na die oorspronklike foto’s van hierdie album op Flickr ook kyk – kliek hier!

 

Omtrent Jaco

Ek is die risikobestuurder van 'n Amerikaanse ekonomiese ontwikkelingsmaatskappy in Afghanistan. Ek geniet die lekker brood wat die Afghane bak en staan daagliks nog verbaas teenoor hulle gebruike en lewens. Verder verlang ek negentig sekondes uit elke minuut na my pragtige gesinnetjie in Suid-Afrika, en trou ek binnekort met die wonderlikste vrou onder die son!