2012 Foto van die Dag 002/366

Die CIA World Factbook raam die per capita bruto binnelandse produk van Afghane op $900 per jaar.  Dit plaas Afghanistan 218de uit 227 lande – dus een van die armste lande op aarde.  ’n Mens hoef nie na statistieke te kyk om te besef hoe arm die gemiddelde Afghaan is...

Die CIA World Factbook raam die per capita bruto binnelandse produk van Afghane op $900 per jaar.  Dit plaas Afghanistan 218de uit 227 lande – dus een van die armste lande op aarde.  ’n Mens hoef nie na statistieke te kyk om te besef hoe arm die gemiddelde Afghaan is nie.  Jy moet bloot by jou deur uitstap en kyk wat alles op straat aangaan.

Afghanistan het twee ekonomieë – die ware, formele ekonomie, waarvan die oorgrote meerderheid van die bevolking deel is, en die oorlogsekonomie, waarin slegs ‘n baie klein deel van die bevolking betrokke is, en munt uit slaan.  Die probleem met hierdie twee ekonomieë is dat die oorlogsekonomie dit selfs moeiliker maak vir die deursnee Afghaan om ‘n bestaan te maak, aangesien meeste van die hulpbronne deur die oorlogsekonomie besit en beheer word, en die prys van produkte daardeur opgejaag word.

Ek staan altyd effe verbaas om te sien hoe skarrel gewone Afghane op ‘n daaglikse basis om ‘n bestaan te maak.  Die lewe is hard en moeilik, maar daar is monde by die huis wat gevoer moet word.  Een en elkeen spring uit; veg vir die dag se inkomste, veg om ‘n bestaan te maak.  Vir hulle is die oorlog teen die Taliban iets wat vaagweg in die agtergrond gebeur.  Hulle oorlog is teen armoede, honger, koue en siekte.

Vandag se foto (en ek glo nog baie foto’s hierdie jaar) is van ‘n bejaarde Afghaanse man.  Hy verkoop naan (platbrood) en kebabs (sosaties, maar sonder die stokkie).  Oud en afgeleef, maar  hy is “out there”, besig om ‘n bestaan te maak.  Ek kyk baie dae na hierdie mense, en dan wonder ek hoeveel van hulle slaan dood neer terwyl hulle besig is om te werk.  Aftrede is hier nie veel van ‘n vooruitsig nie…

Foto van die Dag – 002/366

2012 Foto van die Dag : 002-366

2012 Foto van die Dag : 002-366

Tegniese stuff

Camera:  Canon EOS 400D Digital
Lens:  Canon Zoom Lens EF 75-300mm 1:4 – 5.6 III
ISO:  320
F-number:  f/9.0
Exposure Time: 1/500 sec
Focal length:  155.0mm
Flash:  No
Exposure program:  Normal mode
File date:  January 02, 2012, 10:03:17 AM

Sien dit op Flicker!

Jy kan na die oorspronklike foto’s van hierdie album op Flickr ook kyk – kliek hier!

Omtrent Jaco

Ek is die risikobestuurder van 'n Amerikaanse ekonomiese ontwikkelingsmaatskappy in Afghanistan. Ek geniet die lekker brood wat die Afghane bak en staan daagliks nog verbaas teenoor hulle gebruike en lewens. Verder verlang ek negentig sekondes uit elke minuut na my pragtige gesinnetjie in Suid-Afrika, en trou ek binnekort met die wonderlikste vrou onder die son!