2012 Foto van die Dag 004/366

Die eerste sneeu van die jaar het uiteindelik in Kabul begin val!  Die wêreld is spierwit en prentjiemooi.  En koud.  YSKOUD. Nadat ek vandag se Foto van die Dag geneem het, het ek lekker in ‘n vuurwarm stort gaan staan.  Daardie voorreg is egter nie vir almal beskore nie.  Party...

Die eerste sneeu van die jaar het uiteindelik in Kabul begin val!  Die wêreld is spierwit en prentjiemooi.  En koud.  YSKOUD.

Nadat ek vandag se Foto van die Dag geneem het, het ek lekker in ‘n vuurwarm stort gaan staan.  Daardie voorreg is egter nie vir almal beskore nie.  Party mense moet die sneeu en koue vir ure lank trotseer – en dit vir my veiligheid…

Ek dra vandag se Foto van die Dag op aan daardie mense met die mees ondankbare werk – die sekuriteitswagte.  Hulle ontbeur die elemente dag na dag om ons veilgheid te waarborg.  Hulle is altyd vriendelik, altyd bedagsaam, en altyd op hulle pos.  RESPEK!

Foto van die Dag – 004/366

2012 Foto van die Dag: 004-366

2012 Foto van die Dag: 004-366

 Tegniese stuff

Camera:  Canon EOS 400D Digital
Lens:  Canon EF-S 18-55mm 1:3.5 – 5.6 II
ISO:  400
F-number:  f/4.5
Exposure Time: 1/60 sec
Focal length:  31.0mm
Flash:  Flash fired, auto mode, red-eye reduction mode
Exposure program:  Normal mode
File date:  January 04, 2012, 04:15:05 AM

Sien dit op Flicker!

Jy kan na die oorspronklike foto’s van hierdie album op Flickr ook kyk – kliek hier!

Omtrent Jaco

Ek is die risikobestuurder van 'n Amerikaanse ekonomiese ontwikkelingsmaatskappy in Afghanistan. Ek geniet die lekker brood wat die Afghane bak en staan daagliks nog verbaas teenoor hulle gebruike en lewens. Verder verlang ek negentig sekondes uit elke minuut na my pragtige gesinnetjie in Suid-Afrika, en trou ek binnekort met die wonderlikste vrou onder die son!