Ons terugreis na Suid-Afrika was nogal ‘n uitmergelende oefening. As ‘n reël vlieg ek soggens 06h00 uit Kabul, en dan is ek dieselfde aand 22h00 by die huis. Hierdie keer was die vlugte op Emirates egter propvol, en ons moes vanaf Dubai na Doha vlieg, en daarna na Johannesburg – ‘n volle 33 ure in lughawens en op vliegtuie.
Ons het die aand net na 20h00 in Doha geland, so bietjie shopping in Duty Free gedoen, en daarna ‘n rusplekkie gaan soek. Ons volgende vlug was eers 07h20 die volgende oggend. Die Oryx Lounge op Doha is nou wel nie die Business Class Lounge in Dubai nie, maar dis darem weg van die geraas in die terminaal, en daai klipharde bankies waarop ‘n mens moet sit en wag. En somtyds slaap.
Hier probeer Sonja sit-sit ‘n bietjie broodnodige slaap inkry, terwyl JacSon waghou. Ek het sommer later op die vloer gelê en slaap!
Foto van die Dag – 005/366
Tegniese stuff
Camera: Canon EOS 400D Digital
Lens: Canon EF-S 18-55mm 1:3.5 – 5.6 II
ISO: 1600
F-number: f/5.0
Exposure Time: 1/20 sec
Focal length: 38.0 mm
Flash: No
Exposure program: Normal mode
File date: January 04, 2012, 11:47:30 PM
Sien dit op Flicker!
Jy kan na die oorspronklike foto’s van hierdie album op Flickr ook kyk – kliek hier!

