Vanoggend het ek en Sonja Kaapstad toe gevlieg. Twee redes: die kids het by haar ouers gekuier terwyl sy in Afghanistan was, en ek het ‘n klein “administratiewe takie” (meer daaroor later!) gehad om te gaan afhandel. Dis net natuurlik dat die kinders ook op die lughawe sou wees om ons daar te ontvang!
Vandag se foto is my gusteling foto tot dusver, en een van Inah se gunsteling tydverdrywe: sy ry op my nek en vertel vir een en elkeen hoe groot sy is! Ons het nog skaars gegroet, toe is dit sulke tyd – Inah wil hoog wees! Hierdie foto vang ‘n kosbare uitdrukking vas; die geluk en geborgenheid op haar pragtige gesiggie sal verseker dat ek monsters kaalhande sal slag vir my baba-vinkie. En soos altyd is JacSon, my travel teddy, ook in die prentjie!
Tegniese stuff
Camera: Canon EOS 400D Digital
Lens: Canon EF-S 18-55mm 1:3.5 – 5.6 II
ISO: 400
F-number: f/4.5
Exposure Time: 1/60 sec
Focal length: 34.0mm
Flash: Yes, auto, red-eye reduction mode
Exposure program: Normal mode
File date: January 07, 2012, 11:53 AM
Sien dit op Flicker!
Jy kan na die oorspronklike foto’s van hierdie album op Flickr ook kyk – kliek hier!

