…En hier blog ons alweer. Alweer!

In Kopwurms by Soldaat3 Comments

VERSPREI DIT!

Ek wil nie eens probeer uitwerk hoeveel keer ek in die afgelope dekade deur hierdie oefening is nie.  Blog.  Stop.  Blog.  Stop.  Blog alweer.  Stop alweer.  Blog.  Alweer!

Anyway, hier is ons nou, en ek is alweer lus vir blog.  Mind you, ek is al baie lankal lus om weer te begin blog, maar ek moes myself net eers oortuig dat ek hierdie keer, híérdíé keer, ‘n beter en meer volgehoue poging daarvan gaan maak.  Niks meer drafts wat vir maande en jare ongepubliseerd lê en stof vergaar nie.  Maklike teikens – vir eers net een inskrywing per week.  Maklik, nie waar nie?!

Our past is a story existing only in our minds.  Look, analyze, understand and forgive.  Then, as quickly as possible, chuck it.Marianne Williamson

Na hierdie nie-toepaslike stukkie inspirasie van ene Marianne Williamson, saamgelees met al die mooi voornemens – GAME ON!

Terwyl ek hierdie skryf is die tweede naweek van Rugby World Cup 2015 vinnig besig om einde te kry.  Die Bokke het ons weer nuwe hoop gegee toe hulle Samoa oortuigend geklop het, Jean de Villiers het WEEREENS nie ‘n World Cup voltooi nie (daai ou se luck suig!) en Engeland staan die gevaar om in hulle eie toernooi nie die uitspeelrondtes te maak nie, nadat hulle teen alle verwagting teen Wallis (van alle spanne…) verloor het.

Ek is ook nou al teen hierdie tweede naweek van die RWC gatvol om te hoor dat Victor Matfield te oud is vir toetsrugby, dat Heyneke Meyer nie ‘n afrigter se gat werd is nie, en dat Bokke verbeeldinglose stampkar-rugby speel – meestal van ouens (en vrouens!) wat in hulle lewe nie naby ‘n rugbyveld gekom het nie.  Maar so gee die internet ‘n stem aan ons elkeen… Wat is daai leesteken waarmee jy sarkasme aandui om seker te maak die leser “kry” dit?  Hier’s waarvan ek praat, en so lyk hy:

SarcMark

JA MAN!  Elke keyboard moet so een hê!

As jy bietjie gaan krap, sal jy agterkom daar is selfs ‘n WordPress plugin daarvoor!  Te maklik :sarcmark: !  Sien jy wat het ek daar gedoen…?

Terug by die punt wat ek wou maak:  So gee die internet ‘n stem aan ons elkeen… :sarcmark:

Vergewe my dus my mildelike toekomstige gebruik van hierdie pragtige, unieke klein leesteken met die baie oemf! Hel, ek is sommer al klaar nog 27% meer lus vir blog as toe ek hier kom sit en begin vertel het hoe lus is ek deesdae vir blog.  Dinge raak net beter!  Nou toe – sien jou by die volgende inskrywing!  Laat ek raai:  jy kan nie wag nie :sarcmark: !

Tot volgende keer!

Jaco (aka Soldaat)

VERSPREI DIT!