Krummels

In Krummels by Soldaat2 Comments

Nie my beste week ooit nie…  Ek gee jou so paar krummels – dis regtig al wat ek vandag het.

  • Connector.

    Ek het ophou rook.

    Dinsdag-oggend al. Behalwe dat my energievlakke so klein bietjie laer as slangkak op die seebodem is, is ek so vriendelik soos 'n pofadder met PMS. Almal in my huis koes. Shit, dit suck...

  • Connector.

    NG Kerk en Gays.

    Die verknorsing van dogma - so het iemand dit êrens genoem. Ekself sukkel ook nog met hierdie een. Is daar 'n AP Kerk op Wellington? En nothing personal, maar ek het my bedenkinge oor die nuwe moderator. Wie onthou Kathu in die vroeë 2000's?

  • Connector.

    Kop op 'n Block.

    Na die ANC se makietie in Midrand was een van die sewe groot besluite om daadwerklik ontslae te raak van korrupsie. Paar dae later word ANC-leier John Block skuldig bevind aan korrupsie, en Gwede Mantashe se reaksie is dat daar eers teen hom opgetree sal word wanneer sy vonnis bekend is. Fok, die ouens sukkel tog vreeslik om dit reg te kry...

  • Connector.

    Sielkundige Skade.

    Die NWU-Puk beweer Steve se Stem-singery berokken sielkundige skade. Natuurlik! Dis hoekom daar elke keer nadat hy Die Stem gesing het iemand uit die gehoor storm en 'n gesin in 'n plakkerskamp gaan vermoor. Al ooit van 'n bona fide brain fart gehoor...?

  • Connector.

    Please Help Me, Sir!

    Moontlik die een ding wat hierdie week die meeste aan my gevreet het. Meer as 18 maande na die aanval op ons huis in Kabul, en een van die wagte wat ernstig beseer is sukkel steeds om enige hulp van Roots of Peace te kry. Ek is stadig maar seker besig om my moer vir daai spul in San Raphael te strip. Verwag 'n bom in die volgende week of twee.

  • Connector.

    Go Bokke!

    More is dit ons en Wallis in die eerste kwarteindstryd. Die Bok-masjien lyk asof hy begin dreun. Ek voorspel ons gaan Walliese gatte met 16 punte skop. Waar's jou groen trui, hasie?

  • Connector.

    FOUR OH!

    Laaste, maar verseker nie die minste nie... My pragtige Vinkie het Sondag 40 geword - sy is vandag selfs mooier as toe ek haar die eerste keer in 1988 ontmoet het. Love you Babes! So tos soos my week was/is, bly jy die hoogtepunt van al my oomblikke! FOREVER!!

Soos ek gesê het – nie my beste week ooit nie. Maaaaaar… Teen volgende Maandag het ek hopelik die rooklus oorwin, en dan kyk ons weer noord.

Lekker naweek, ou grote!

Cheers!

Vertel Jou Maatjies!