Nag, ou Grote…

In Sport by SoldaatLeave a Comment

VERSPREI DIT!

Jean de Villiers het die naweek sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig, dit nadat hy ‘n kakebeenfraktuur in die RWC2015 groepswedstryd teen Samoa opgedoen het.  Jean het 109 toetse vir die Springbokke gespeel, waarvan 37 as kaptein en ‘n rekord van 94 toetse op senter.

Indrukwekkend, selfs al het jy nie van die man gehou nie.

JEAN DE VILLIERS – DIE SYFERS AGTER DIE MAN


0
TOETSE VIR SUID-AFRIKA

0de
MEESTE TOETSE VIR BOKKE
0
TOETSDRIEË

0
TOETSE OP SENTER
0
TOETSE AS KAPTEIN

0
WEN-TOETSE

Kyk, ekself dink hy het té lank aan die kapteinskap en sy posisie in die span vasgeklou.  Nadat Nick Mallett destyds vir Gary Teichmann gepos het, is dit al asof Springbokafrigters nie die moed het om van hulle kapteins ontslae te raak nie.  Heyneke moes die skrif aan die muur vir Jean gesien het, en hom op ‘n hoë noot laat gaan het.  Maar dis water onderdeur die brug.

Sê en dink wat jy wil van Jean, een ding is seker:  die man is een van die groot legendes van Springbokrugby.  Behalwe dit, het hy ook vriend en vyand verbaas met sy terugvegpoging nadat hy ‘n ernstige kniebesering in 2014 opgedoen het.  Bitter min mense het gedink hy sal reg wees vir die 2015 Rugby World Cup.  Jean het almal verkeerd bewys.  Heel moontlik is sy veggees die grootste les en nalatenskap, en hy verdien alle eer daarvoor.

Dankie, Jean!  Dankie vir die opwinding en lekkerkry van 27 toetsdrieë vir die Springbokke.  Dankie vir die veggees, leierskap en nederigheid op en vanaf die veld.  Dankie vir die rolmodel wat jy was, en die inspirasie wat jy steeds vir duisende is.  Geniet die aftrede!


En nou na die toekoms…


Die 2015 Super-reeks was nou nie juis een wat ‘n Springbok-ondersteuner sommer sal wil onthou nie, maar een positiewe ding wat daaruit gespruit het was die vertoning van Damien de Allende en Jesse Kriel op die senters.  Met tyd kan hierdie kombinasie een van die merkwaardigste en suksesvolste in die geskiedenis van Springbokrugby word – daarvan is ek oortuig!

Dan is daar ook nog ouens soos Jan Serfontein, JJ Engelbrecht, Juan de Jongh, Jaco Taute, François Steyn en sommer nog ‘n hele string belowende youngsters wat besig is om hulle hande op te steek vir die Groen en Goud.

Koelkoppe en behoorlike keuses – dis waarmee Heyneke Meyer en sy span afrigters, adviseurs, dokters en spindokters (hel, het jy geweet die Springbokke het ‘n bestuurspan van TWINTIG mense?!) nou vorendag sal moet kom.  Die klagtes oor die sg. “ouetehuis” is gehoor en holryg gery – hier is nou ‘n kans vir ‘n bietjie nuwe bloed en nuwe moontlikhede.  Ek hoop Heyneke Meyer het lankal begin beplan vir hierdie scenario.

Sterkte en groete!

Jaco (aka Soldaat)

VERSPREI DIT!