Lockdown Dag 3: Hopeloosheid

Sondag-oggend.   Ek lees gister iemand skryf "die kerk is nie toe nie; die kerk is ontplooi!"  As soldaat was ontplooiings altyd vir my 'n hoogtepunt.  Ek het uniform gedra van 1993 tot 1999.  Dit was rowwe jare hier in Suid-Afrika.  Almal kan die onrus en massa-slagtings in veral Gauteng en Natal onthou.  Die politiek daaragter maak nie vandag saak nie. My eenheid, 61 Meg Bn Gp, was altyd aan die voorpunt van ontplooiings na daardie hotspots toe.  Ons was nie "skop en donner" nie - ons was net blêddie goed met wat ons gedoen het.  En ontplooiings was ons kos. …

Continue Reading Lockdown Dag 3: Hopeloosheid