Lockdown Dag 10: Die Plan Suig

Lockdown Dag 10:  Die Plan Suig

Dit is algemene kennis dat president Ramaphosa ‘n groot fên is van die Chinese se manier om COVID-19 te beveg:  hok almal totdat die ding homself uitgewoed het.  Easy.  In Cina, ja.  Hier ter plaatse: big no-no!  Die ironie hiervan is dat Cyril deel was van die oorspronklike probleem; die wortel van die kwaad.  Way back het hy die massas gelei en geleer dat jy slegs jou sin sal kry wanneer jy dinge onregeerbaar maak.  Liberation before education.  Deur klip te gooi, af te breek en brand te steek – so kry jy jou sin.  Dertig jaar later, en sonder enige noemenswaardige education, moet hy die liberation generasies in toom probeer hou.  “Bly by jou huis.  Wees ‘n goeie burger.  Maak soos ek sê.”  It ain’t gonna happen, Sir.

China se plan het gewerk, want China het het ‘n “gehoorsame” bevolking. Klipgooi en brandsteek wen vir jou ‘n eenrigtingkaartjie na een of ander hell camp – as jy gelukkig is.  Vra maar vir die ouens wat ‘n stand wou maak op Tiananmen Square in ’89 – as jy enigeen kan opspoor.  Die Chinese bevolking is oor dekades mak  en gedwee gemoer gemaak, en elke keer wat iemand sou waag om oproerig te raak, is en word hulle brutaal verpletter. 

In Suid-Afrika brand die stemvee skole, hospitale, biblioteke en treine af wanneer hul bakhandsindroom nie vinnig en omvangryk genoeg na hul sin vertroetel word nie.  Kom stemdag, kry hulle kospakkies, ‘n T-shirt en ‘n belofte van ‘n beter lewe.  Werk, huise, yskaste.  En dan verdwyn die kavalkade blink motors, en daarmee saam die beloftes.  Die stemvee trek hulle kruisies op die “regte” plek, en gaan brand dan iets af vir die volgende vyf jaar. Elke. Liewe. Siklus.

Die Chinese stelsel, as jy dan nou kommunisme moet prys, werk vir die Chinese regeerders.  Bykans alles word deur die staat beheer, die hele bevolking werk – al is dit dan nou vir ‘n hongerloon.  Elkeen het ‘n dak oor sy kop.  Niemand het ‘n sê nie, maar niemand lê doelloos saam met 15 ander in ‘n shack en probeer oorleef op ‘n politikus se beloftes nie.  Misdaad word nie geduld nie.  Oproerigheid word nie geduld nie.  Big Brother hou jou om elke hoek en draai dop, en in jou baan.  Die kort en die lank:  die Chinese way of life het ‘n lockdown moontlik en suksesvol uitvoerbaar gemaak.

Ons prez sal vinnig moet afsien van sy bewondering vir die Chinese manier van dinge doen.  Winkels en fabrieke se sleutels het skaars stilgehang aan die sleutelrak of die plundery het begin.  Ons is ‘n nasie van staatsgedrewe kriminaliteit, of ons dit wil erken of nie.  Jy kan nie jou kinders vir veertig jaar toelaat om te maak en breek soos hulle luskry, en dan verwag hulle gaan gehoorsaam wees as jy hulle vra om vir drie weke stil te sit nie.  Die aanvanklike drieweek-lange inperking werk nie;  ‘n verlenging daarvan gaan chaos wees.  Vergeet van die ekonomie, die is reeds moertoe.  Maar Cyril se besluite in die week of twee wat kom gaan bepaal of ons die land moet opbou na ‘n ekonomiese depressie soos na die Groot Depressie, en of ons ‘n land uit die stof en as van iets soortgelyk aan ‘n burgeroorlog gaan moet opbou.  Verskeie instansies waarsku alreeds teen social unrest; ‘n verlenging van die inperking gaan social unrest soos Fase Een loadshedding laat lyk.

Daai miljarde wat die ANC en sy kabaal oor die laaste klompie jare met soveel oorgawe gesteel het, sou nou handig te pas gekom het om die stemvee kalm te hou.  Payback gaan ‘n bitch wees…  Dalk weet Cyril.  Dalk is dít juis wat hom so afgeleef laat lyk.

This Post Has 2 Comments

  1. Son

    Dalk moet ons die virus net sy gang laat gaan. Dis verskriklik om te sê, maar die alternatiewe is nog meer verskriklik.

    1. JacoGriesel

      Wreed soos dit klink, dink ek dis moontlik ons enigste werkbare opsie. Die ander planne suig bietjie…

Leave a Reply