Meer dae, meer dinge…

Meer dae, meer dinge…

Right, ek hardloop bietjie uit tyd uit hier, so ek gaan hierdie een ‘n vinnige enetjie maak…

Gedurende die lockdown het ek my liefde vir blogging herontdek.  EK gaan verseker meer en meer gereeld hier skryf.  Dis goed vir my gemoed.  Staal jouself dus vir vele kopwurms en ander gedagtes. (Arme jy…)

Die lockdown het my ook geleer om bietjie anders oor besigheid te dink.  EK haat die uitdrukking “the new normal”, maar daar lê so bietjie waarheid daarin.  Vandaar die Kantien, maar ek gaan later meer daaroor gesels.

Nog ‘n ding wat lockdown my geleer het is dat daar ander is wat dit aansienlik moeiliker het as ek.  EK het ook geleer dat ek loshande die solidste support system romdom, onder, agter en by my het.  My gesin en my familie is ysters!  Ditto al my vriende.  Om al my kopwurms op hok te hou en my in my baan te hou kan nie maklik wees nie.  Hierdie mense doen dit toe-oë. RESPEK!  En dit het my gehelp om ander se swaarkry raak te sien, en dit wat ek het te deel waar ek kan.  Vandaar Back-A-Buddy.  Jy kan die storie daarvan hier gaan lees, maar ek brei anderdag ook meer daaroor uit.

SOLDAAT WIT SHADOW

'n SPLINTERNUWE BAADJIE!

Ek het Soldaat.Co.Za van die grond af herontwerp en oorgedoen, en ek LOVE die nuwe baadjie!  So ja, nou weet jy waar was ek die afgelope tyd.  Ek hoop regtig dit doen dit ook vir jou.

Splinternuwe logo (moderne soldaat, pappie!) en baie camo!  Hel, ek mis my camo uniform van weleer…  

Anywhoooo…  Krap so bietjie rond en laat weet my wat jy daarvan dink.  Nee, ek gaan dit nie verander nie. 😉

SOLDAAT SWART SHADOW

Pienk camo!  Sien, ek cater vir die dames ook!

IN ANDER NUUS…

So…  Sigarette is steeds illegal, maar deesdae meer bekombaar as brood.  Go figure.  Ek het net vinnig oor die FITA-hofuitspraak gescan, en ek kan nie help om te wonder wie het die punt gemis nie:  die judges of die FITA-regsspan?  Maar ek breek my kop om te probeer uitfigure of daar nog ander produkte is wat tans verbied word.  Daai antie met die kopdoek rol ons ‘n moerse mielie…

Die afgelope week was ek voltyds ‘n stay-at-home dad;  ek moes ons jongste twee baby-sit.  Pragtige kinders!  Twee moewiese uiteenlopende persoonlikhede, maar die dierbaarste goed onder die son.  Ek is na dese gatvol vir hulle!  Seriously!  Maar op ‘n goeie manier…  Ek haal my hoed af vir vir skoonma en skoonpa wat heeldag na hulle kyk.  Ek haal my hoed af vir onderwysers en kinderoppassers.  Julle het ongelooflike skills!

Maar Pappa bly lief vir julle, OK?

DIE KANTIEN

Ek het groot planne vir hierdie online shop!  Bear with me – ek gaan dit nog ‘n kookwaterwinkeltjie maak!  Op hierdie stadium onderhandel ek nog met verskeie verskaffers, en wikkel om sekere dinge in plek te kry, en ek hustle om die heel beste produkte wat die Kaapse Wynland kan bied op die virtuele rakke te kry.  Baie logistiek wat uigesort moet word, but we’re getting there – watch this space!

Vir starters laai ek so stadigaan van my eie produkte wat ekself vervaardig, so loer gerus gereeld in by die kantien, en bring jou kredietkaart saam!

Nou toe – let’s do this!  Vandag is 27 Junie 2020, en wat my betref is die k@k-gedeelte van hierdie jaar agter die rug.  Hiervanaf loop ons oop en ons maak die toekoms blink, ten spyte van ons patetiese regering se pogings om ons ekonomie en ons land in die drein af te spoel.

Voorwaarts!

This Post Has 7 Comments

  1. Elna Brand

    Jaco, like die look! Die pienk, die Camo en die soldaat en die idee van Kantien.
    Daar’s werk om te doen. Laat ons die swaarkry met lekkerkry klaarkry!

    1. JacoGriesel

      Dankie Elna! EK gaan nog die week wat kom met jou ook gesels. Ek het so paar idees… 😉

  2. Son

    Ek HOU hiervan! Sommer baie

    1. JacoGriesel

      Thank you, my dear!

  3. Elmarie

    As ek mag wil ek n idee gee. Ek het heel maand gesoek na n regte houtkissie_ wat toevallig n canteen genoem word _ met eetgerei in. Jy weet daai wat met mooi vilt uitgevoer is en sommer stunning lyk as jy dit oopmaak. Dis skaars en is hoog op prioriteits lyste vir geskenke vir dogters en as trou geskenke. Ek sou kissie los koop en self opvul as ek net kon kry.

    1. JacoGriesel

      Elmarie, gesels met my! Regte houtkissies is my kos! Het jy my telefoonnommer?

      1. Elmarie

        Nee het nie jou nommer nie maar sal hom by Elize kry. Glo sy sal hom he

Leave a Reply