Starry Night, Scary Fight

Starry Night, Scary Fight
Ek het die wonderlike voorreg gehad om van middel ’93 tot einde ’94 deel van 61 Meg Bn Gp se O-kompanie te wees.  Eers as Admin Offisier (danksy twee enkeloperasies…), toe tenkafweer-groepbevelvoerder en toe tenkafweer-pelotonbevelvoerder.  Ek was ook daar op die hartseerdag in 2005 toe die eenheid ontbind is en ons vaandel ter ruste gelê is.  Nog nooit in my hele lewe het ek weer so diverse, trotse en gefokusde groep teëgekom nie; die omvangryke gevegsgeskiedenis van die eenheid het ‘n besonderse manier gehad om bande te smee, esprit de corps te kweek en dissipline neer te lê wat vandag nog in elke lid van die eenheid se murg en been voortleef.
 
So baie is al geskryf oor die Battle of the Lomba (google dit gerus!), maar hierdie video hieronder is die powerful-ste huldeblyk wat ek  nog ooit raakgeloop het.
 
Stel die volume op en geniet dit.  Maak jou oë toe, dink aan die offers wat Suid-Afrikaanse soldate gebring het, en gedenk saam met my die bydrae wat elkeen van hulle gemaak het.
 
Ons durf nie vergeet nie…

Leave a Reply