Burre sê die bewerings is onwaar – en hy gaan die vrae wat gister gevra is beantwoord met propperse finansiële state.
Way to go! Ek vir een gaan vandag weer ‘n geldjie oorplaas (ek hoop jy wat hier lees kan ook ietsie afknyp – ek plaas die inligting hieronder) – en ek hoop van harte Burre kom deur met sy belofte. Want dis belangrik, en ek wil weet. Nie omdat ek nuuskierig is nie, maar omdat daai afgenknypte geldjie ‘n ander gat kon toestop, en omdat ek glo in dit wat hy sê hy doen, en dit die minste is wat ek kan doen om werklik ‘n bydrae te maak tot mense wat baie naby aan my hart lê.
Hieronder die Facebook mediaverklaring (en ‘n self-hosted backup – just in case.) Die song aan die einde kom nie lekker deur nie, so ek het die video daarvan ook geplaas. Catchy tune’tjie; geniet hom kliphard!
PS: Ons sal weer terugkom na hierdie onderwerp toe. 😉