Resistance Has Become Duty

Resistance Has Become Duty

Daar sit Cyril Ramaphosa toe gisteraand en kak die nasie uit.  Want sien, dis ONS skuld dat alles verkeerd donner vir ‘n onbeholpe regering wat na 110 dae van lockdown nog steeds nie gereed is om die baie beperkte ernstige gevalle van die Chinese virus te hanteer nie.

Na 26 jaar van steel, plunder, lieg, bedrieg, korrupsie en kaders, is dit die wyn in jou glas se skuld dat die regering nie voldoende voorsiening kan maak vir hospitaalbeddens en respirators nie.  En toe sit Cyril sy voet neer:  drank word weer verban!

En dan is daar wragtig diegene wat dit glo en daarmee saamstem!

Cyril en die ANC voel ‘n veer vir besighede en industrieë wat hierdeur effektief tot ondergang gedwing word.  Die mense wat daaronder ly is nie hulle stemvee nie.  Gaan dink baie mooi hieroor – hulle voel ‘n fok vir die stemme wat teen hulle opklink.

Met die aanbreek van die lockdown het hulle seker gemaak die miljoene der miljoene stemvee wat elke maand klokslag hulle social grants ontvang, word nie negatief deur hierdie ekonomiese selfmoord beïnvloed nie.  Inteendeel – die spul het almal ‘n ietsie ekstra gekry. 

Daarmee saam het die staatsdiens nog elke maand vol salarisse verdien, en niemand het hul werk verloor of gesien hoe hul werksplekke tot niet gaan nie.  Magtig, in hierdie tyd het sommige munisipaliteite verhogings van tot 25% vir hul raadslede goedgekeur!

G’n wonder 70%-plus van die bevolking is ten gunste van die lockdown en sy drakoniese maatreëls nie!  Gisteraand konsolideer Ramaphosa toe die taxi-bedryf se stem – want die donnerse virus staan geen kans om te versprei in ‘n taxi wat 100% vol is nie.  Besef Ramaphosa dat 100%-lading vir die taxi-bedryf beteken dat dit 100% van die beskikbare spasie is?  Oorlaai soos altyd – dis 100%!  Die miljoene wat daagliks so blootgestel word is egter nie so groot kopseer soos die relatief handjievol siele wat elke naweek dronk raak, messteek, kak aanjaag en in noodgevalle beland nie.

Al wat hier gebeur het, is dat Bheki Cele sy sin – alweer! – gekry het.  Daar is geen logika daaragter nie!

KE NAKO! DIS TYD!

Ons kan nie langer gedweë sit en toekyk hoe lewens, besighede en industrieë goedsmoeds vernietig word deur ‘n onbeholpe regering wat nie kop of gat kan uitmaak oor hoe om ‘n griepplaag te bestuur nie.

Ons kan nie langer toelaat dat ons lewens mikrobestuur word deur idiote wat hul eie persoonlike agendas najaag nie.

Ons kan nie langer sit en toekyk hoe ‘n onbeholpe regering alles en almal behalwe homself blameer vir die clusterfuck wat hulle oor hulself en hierdie land gebring het nie.

Ons durf nie toelaat dat ons vryhede en regte langer vertrap word op die altaar van ‘n siekte wat nie eens naastenby opleef tot die bohaai wat daaroor gemaak word nie.

DIE OOMBLIK VAN VERSET IS NOU!

Word wakker, Suid-Afrika!  Dit gaan nie oor ‘n glas wyn, ‘n bottel bier of ‘n sigaret in die hand nie.  Dit gaan oor ‘n onbeholpe regering wat verbouereerd na strooihalms gryp omdat sy nypende onbevoegdhede soos die spreekwoordelike keiser kaalgat deur die strate paradeer.

Ons het net twee keuses:  vreet alles op vir soetkoek, of staan op en verset onsself teen hierdie verdrukking.   Want as jy dit nou nog nie sien as verdrukking nie, dan het dit baie laat in die nag vir jou geraak,

As ons hierdie bullshit maatreëls gedweë gaan aanvaar, gaan die patetiese ANC-regering al meer en meer strooihalms gryp – en daai strooihalms gaan alles ons regte en vryhede wees.  

Dis tyd om onsself teen hierdie onbeholpenheid en vergrype te verset.  Dis tyd om ‘n middelvinger te hys en vir die regering te wys dat ons nie langer sy ongeloofwaardige en ondeurdagte pogings om effektief te regeer gaan duld nie.

En as die Uniegebou moet brand – so be it.

Leave a Reply