Min Leiers & Baie Wyn

Min Leiers & Baie Wyn

Jis!  Ja, it’s been a while!  Ek was bietjie skaars, maar dis omdat ek skaars bietjie grond raak.

Uit die blokke uit wil ek vir almal wat soveel belangstelling getoon en bestellings geplaas het vir die produkte in die Kantien, sowel as by Hawequas, ‘n moerse groot dankie sê!  Ek staan verstom oor die ondersteuning, en ek glo die Soldaat, PlaasYuppie en Hawequas produkte sal ‘n spesiale plekkie by hulle nuwe tuistes vind.  Nogmaals dankie!  Dis waar wat hulle sê:  elke keer wat jy by ‘n kleinbesigheid iets koop, is daar ‘n gesin wat ‘n happy dance doen.  

Soldaat Back-A-Buddy

Met elke bestelling in die Kantien is daar ‘n gedeelte wat eenkant gesit word vir Back-A-Buddy.  Dis lekker om te kan sê dat die fondsie my wildste verwagtinge oortref, en alreeds die R1000-kerf bereik het.  Baie dankie daarvoor, en veral vir diegene wat hul 7.5% afslag aan Back-A-Buddy geskenk het.  Glo my – elke klein bietjie help en voorkant toe gaan ons nog ‘n veteraan of tweehonderd mooi help waar daar nood is.

Kyk gerus uit – binnekort bring ek nog so paar nuwe Soldaat/Back-A-Buddy produkte Kantien toe.  En ons almal hou van braai, reg?  Dalk is dit tyd dat ons braai buddies raak…  😉

Leiers en Bestuurders

Vroulief is sterk besig met haar studies.  Laas naweek blaai ek so bietjie deur een van haar handboeke, en my oog vang ‘n aanhaling wat min of meer lui:  goeie leiers doen die regte ding; goeie bestuurders doen die ding reg.  (Dit klink eintlik beter in Engels…)

Alan WInde, die premier van die Wes-Kaap, maak deesdae vreeslik geraas oor hoe die Wes-Kaap nie langer die alkohol-verbod kan handhaaf nie.  Die man gaan selfs sover om briefies aan RamaRuggraatloos te skryf en te dreig om teenstrydig met die CCCP, skuus, NCCC se regulasies op te tree.

Winde is ‘n bo-gemiddelde bestuurder.  DIt gee ek toe.  Nie wonderlik nie, maar verseker bo-gemiddeld.  Hy doen dit wat hy moet doen goed.  Hy doen dinge reg.  As die ANC/NCCC sê spring, dan bepaal Winde hoe hoog daar gespring moet word, en dan spring hy so bietjie hoër.  Die Wes-Kaap se suksesvolle hantering van die C19-klug is getuienis van sy bo-gemiddelde bestuursvermoë.

Maar laat ons geen doekies omdraai nie:  Winde is nie ‘n leier se gat nie.  ‘n Ware leier staan nie en toekyk hoe sy provinsie ekonomies doodbloei, en skryf dan briefies aan ‘n onbeholpe president nie.  ‘n Ware leier gaan slaap nie snags terwyl hele industrieë in sy provinsie doodbloei, gesinne honger om leë tafels sit en daar elke sekonde nog ‘n werksgeleentheid verlore gaan nie.  Ware leiers skryf dan veral nie briefies nie – hulle bal hulle vuiste, byt op hul tande en pak die onmoontlike bul by die horings met daadwerklike planne. 

‘n Ware leier sou sy voet neersit en die verbod op die verkoop van alkohol en sigarette in sy provinsie ophef.  As ‘n piekanien soos die taxi-industrie sy middelvinger vir die nasionale regering kan hys en dan sy sin kan kry, hoeveel te meer sal ‘n hele provinsie dit nie regkry waar die provinsiale regering twee-derdes van die provinsie se steun by die stembus verwerf het nie.

‘n Ware leier doen die regte ding.  Die regte ding is nie noodwendig altyd gewild of maklik nie.  Die regte ding is baie keer stroom-op en teen die bestaande reëls en regulasies.  Die regte ding kan jou soms in die kak laat beland.  Maar wanneer jy die regte ding doen, slaap jy elke nag goed – selfs al slaap jy op straat of in ‘n tronksel.  Alan Winde het baie dinge reg gedoen gedurende hierdie nasionale staat van inperking, maar Alan Winde het nooit die bôls of die ruggraat van ‘n ware leier gewys en die regte dinge gedoen nie.

Let’s face it:  wat sou die nasionale regering kon doen as Winde ruggraat gewys het?  NIKS!  Hulle sou raas en blaas soos wat die ANC maar al te graag doen, maar hulle sou boggerol daaraan kon doen nie.  Die Wes-Kaap is een van twee ganse wat goue eiers in die nasionale ekonomie lê.  Nie eens  – of eerder, veral nie – die ANC of ANC-regering sal daardie gans wil sien doodgaan of ‘n ander werf gaan soek nie.  Winde was en is blind vir wat die regte ding is;  Winde het ‘n provinsie wat hom as leier gekies het, gruwelik in die steek gelaat.  En dit is ‘n onbetwisbare feit.

Net so after thought of twee…  Ek sien die DA maak lekker lawaai daar in die virtuele Groot Sirkus oor R11 miljard se salarisse wat aan staatsamptenare betaal is wat “vanaf die huis gewerk het”.  My fok, Marelize!  In die eerste plek is ek nie bewus van ‘n enkele DA-politikus, op enige van die drie regeringsvlakke, wat ‘n pay cut gevat het in die tyd toe belastingbetalers regoor die land dit moes doen nie.  NIE. EEN. NIE.  Inteendeel – op munisipale vlak het meeste lekker vet verhogings gekry.  DIt terwyl belastingbetalers die een na die ander hulle jobs verloor het. Toegegee – dis nie net die rasende en blasende DA-politici nie, dis die hele spul.  O, wat sou ons nie alles gee vir ‘n paar ware leiers nie… 

 Tweedens:  of ‘n staatsamptenaar by die huis lê en niks doen nie, of by die kantoor sit en in elk geval niks doen nie – same difference.  Die fokkers word anyway betaal.  En blêddie goed daarby.  Dis nou nie juis asof die staatsdiensmasjinerie tot stilstand geknars het omdat die spul kwansuis van die huis af werk nie.  DIt het baie lank terug al vas geroes.  Niemand het ‘n verskil bespeur nie.

Wie de fok is Jaco Walters?!

Contrary to popular belief, het die ANC nie ‘n monopolie op korrupsie en algehele sleggeit nie.

Rapport berig die afgelope Sondag oor die ma en 5-jarige kind wat deur Sers Walters opgesluit is – skynbaar in die uitvoering van sy pligte.  Die volledige berig is as volg:

’n Vyfjarige seuntjie is so getraumatiseer nadat hy en sy ma drie nagte in ’n polisiesel aangehou is dat hy begin hakkel het.Ná drie dae in die selle saam met ander verdagtes is hulle vrygelaat sonder enige verduideliking of verskoning.  By navraag het die polisieman wat hulle opgesluit het, gesê hy doen net sy werk.
 
Die Gautengse polisiehoof het nou ’n dringende ondersoek gelas na die gebeure en die ma, Angela Hattingh (43), het ’n prokureur aangestel om haar te help om ’n eis teen die polisie in te stel. Ingevolge die Kinderwet mag geen kind onder enige omstandighede in polisieselle aangehou word nie.
 
Hattingh sê sy en haar kêrel het twee weke gelede ’n hewige rusie gehad. Hy is toe weg by sy huis, waar hulle die afgelope twee jaar saamgewoon het, en sy het hom nie weer gesien nie. Later sou sy hoor hy het ’n voorlopige beskermingsbevel gekry om haar te dwing om uit te trek.
 
Sers. Jaco Walters (34) het verlede Vrydagoggend vroeg, terwyl sy en haar kind nog in hul nagklere was, by haar huis opgedaag om haar in hegtenis te neem, sê Hattingh. Hy was vergesel van ’n tweede man, vermoedelik ook ’n polisieman.
 
Hulle het gesê sy is onwettig in die huis. Hattingh wou weet wat van haar kind gaan word, maar volgens haar het Walters net gesê hulle moet aantrek en kom. Hulle sou dit by die polisiekantoor uitsorteer.Ma en kind is toe in wat vir haar gelyk het soos ’n private voertuig na die Roodepoort-polisiekantoor gebring. Daar gekom, het sy aangedring op ’n lasbrief. Sy beweer Walters het toe dreigend geraak. “Hy het vir my gesê net omdat ek so ‘windgat’ is, sal hy ons toesluit tot volgende week.” Haar selfoon is weggevat en sy is nie toegelaat om enigeen te kontak nie, sê sy.
 
“Ek en my kind was albei histeries. My kind kon aanvoel ek was banger as hy en hy het onbeheersd gehuil. Hy was ontroosbaar en daar was niks wat ek kon doen nie.” Teen 10:00 die oggend was hulle saam met drie ander in die selle. Volgens Hattingh het verskeie polisiebeamptes gesien haar kind is saam met haar toegesluit. Hulle het nie eens warm klere gehad nie. “Ek het hulle gesmeek om my hof toe te vat om voor ’n landdros te verskyn, maar hulle het my geïgnoreer,” sê sy. “Elke keer dat iemand die seldeure sluit, het my kind gesê: ‘Verskoon my, verskoon my, wat van ons?’ Die ander aangehoudenes het gedink dis oulik en daaroor gelag. Dit het my hart gebreek.” Haar seuntjie het die nag uiteindelik aan die slaap geraak, maar net voor middernag is hulle weer wakker gemaak. Hulle moes na ’n ander polisiekantoor verskuif word omdat ’n beampte by Roodepoort positief getoets is vir Covid-19. Dit het haar kind van vooraf getraumatiseer. Hy het oor-en-oor gesê: “Mamma, ek is hartseer.”
 
Volgens Hattingh is hulle “soos sardientjies in ’n blik” in ’n polisiewa gelaai en na die Linden-polisiekantoor geneem. Sy sê die bestuurder het so wild gery dat sy gevrees het hulle gaan ’n ongeluk maak. Hulle is by Linden weer saam met ander aangehoudenes toegesluit. Al was hy honger, wou haar kind nie Saterdagoggend die kos eet wat vir hulle gebring is nie. ’n Ander aangehoudene het vir hom ’n appel, jogurt en ’n suigstokkie gegee, sê Hattingh. Sondagmiddag is hulle teruggevat na Roodepoort.
 
Maandagoggend is hulle by die landdroshof in Roodepoort afgelaai. “Ons moes die hele dag daar sit en wag. My naam is eers 15:00 geroep. Die man het net gesê die saak is uit die hof gegooi,” sê Hattingh. Sy wou die landdros sien, “maar hy net gesê ek moet doen wat ek wil doen teen die staat en toe sy rug op ons gedraai”. Hattingh, wat sedert haar vrylating by ’n vriendin bly, sê sy is getraumatiseer. “My kind het begin hakkel weens die trauma. Ek weet nie of hy dit ooit gaan verwerk nie.”
 
Karabo Ozah, ondervoorsitter van die Sentrum vir Kinderreg aan die Universiteit van Pretoria, sê dit is ’n baie ernstige oortreding om die Kinderwet te verontagsaam. “Die polisie moes ’n baie goeie rede gehad het om die ma toe te sluit terwyl sy haar kind by haar gehad het.” Hulle moes ’n maatskaplike werker gekry het en die kind in die sorg van ’n familielid of in ’n plek van veiligheid geplaas het, sê Ozah. Brig. Mathapelo Peters, ’n polisiewoordvoerder, sê die Gautengse polisiehoof, lt.genl. Elias Mawela, het ’n dringende interne ondersoek gelas “om vas te stel hoe Hatting haar vyfjarige kind by haar kon hou toe sy in hegtenis geneem is”. De Wet Greeff van Alice Van der Merwe Prokureurs in Krugersdorp, wat namens Hattingh optree, sê hulle werk aan ’n baie groot siviele eis teen die minister van polisie vir onregmatige arres en oortreding van die Kinderwet.
 
Walters het by navraag gesê hy hoef nie sy optrede aan die media te verduidelik nie. “Ek het net my werk gedoen en dit is dit,” is al wat hy wou sê.

Jaco Walters, ek lees jou naam en dink so by myself “Wat ‘n doos!”

Ek was nou al ‘n slag of wat om die blok, en hierdie is so duidelik soos daglig:  die vrou se kêrel was moerig en wou ‘n punt bewys.  Gelukkig ken hy toe vir Jaco Walters, ‘n polisieman wat graag gunsies doen en reken hy’s verhewe bo enige wette.  Die res is geskiedenis.  Wat egter nog sal uitkom, is wat Walters in ruil vir hierdie gunsie gekry het.  Want glo my – dis nie die tipe gunsie wat jy bloot vir ‘n klop op die skouer doen nie.

Ons wag om te sien hoe jy lyk, Walters.  Ons weet reeds dat jy laer as slangkak op die seebodem is, maar ons wil jou gatsiggie aan daai kennis koppel.  En wanneer jy eendag iemand se bitch in ‘n oorvol sel is, hoop ek om jou te hoor smeek “verskoon my, verskoon my, wat van my?”  Ek verstaan ‘n paar manne is reeds op jou spoor.  Ek wens hulle alle voorspoed toe.  As jy hierdie tipe dinge aan ‘n kind kan doen, verdien jy om ‘n vuil Taliban se gunsteling bok te word.  Ek hoop jy kry wat jy verdien.

Ten Slotte - 'n Welverdiende Saluut!

Net vir die rekord:  as jy in die Wes-Kaap woon en die laaste paar weke sonder wyn gegaan het, dan is dit jou eie skuld!  Ek weet van kelders wat nie ‘n enkele bottel wyn het om te verkoop nie.  Alles verkoop!  Want sien, hier’s die ding:  dis nie speletjies om so plaas/kelder aan die gang te hou nie.  Dis ‘n donnerse duur oefening.  En as jy nie skatryk is nie, moet jy doen wat nodig is om die spulletjie aan die gang te hou.  Dis verbysterend hoeveel monde gevoer word deur die wynbedryf in die Wes-Kaap.  Baie mense dink ook wynboere is almal skatryk.  Nogal nie.  

Hierdie soldaat staan vandag fier op aandag en salueer elke wynboer en -kelder wat die pot aan die kook gehou het.  Ek salueer elkeen wat sy middelvinger gehys het vir die drakoniese NCCC-regulasies wat ten doel het om die Wes-Kaapse ekonomie te ruïneer.  My bors bars van trots as ek dink aan al die plase en kelders wat steeds wyn op ons tafels gesit het, a la fok-jou-Cyril.

Well done, vegters!  Ek lig my vol glas op julle!  Doen so voort todat hierdie madness einde kry!

Leave a Reply