Min Leiers & Baie Wyn

Jis!  Ja, it's been a while!  Ek was bietjie skaars, maar dis omdat ek skaars bietjie grond raak.Uit die blokke uit wil ek vir almal wat soveel belangstelling getoon en bestellings geplaas het vir die produkte in die Kantien, sowel as by Hawequas, 'n moerse groot dankie sê!  Ek staan verstom oor die ondersteuning, en ek glo die Soldaat, PlaasYuppie en Hawequas produkte sal 'n spesiale plekkie by hulle nuwe tuistes vind.  Nogmaals dankie!  Dis waar wat hulle sê:  elke keer wat jy by 'n kleinbesigheid iets koop, is daar 'n gesin wat 'n happy dance doen.   Soldaat Back-A-Buddy Met…

Continue Reading Min Leiers & Baie Wyn

Starry Night, Scary Fight

Ek het die wonderlike voorreg gehad om van middel ’93 tot einde ’94 deel van 61 Meg Bn Gp se O-kompanie te wees.  Eers as Admin Offisier (danksy twee enkeloperasies…), toe tenkafweer-groepbevelvoerder en toe tenkafweer-pelotonbevelvoerder.  Ek was ook daar op die hartseerdag in 2005 toe die eenheid ontbind is en ons vaandel ter ruste gelê is.  Nog nooit in my hele lewe het ek weer so diverse, trotse en gefokusde groep teëgekom nie; die omvangryke gevegsgeskiedenis van die eenheid het ‘n besonderse manier gehad om bande te smee, esprit de corps te kweek en dissipline neer te lê wat vandag nog in…

Continue Reading Starry Night, Scary Fight

Meer dae, meer dinge…

Right, ek hardloop bietjie uit tyd uit hier, so ek gaan hierdie een 'n vinnige enetjie maak... Gedurende die lockdown het ek my liefde vir blogging herontdek.  EK gaan verseker meer en meer gereeld hier skryf.  Dis goed vir my gemoed.  Staal jouself dus vir vele kopwurms en ander gedagtes. (Arme jy...) Die lockdown het my ook geleer om bietjie anders oor besigheid te dink.  EK haat die uitdrukking "the new normal", maar daar lê so bietjie waarheid daarin.  Vandaar die Kantien, maar ek gaan later meer daaroor gesels. Nog 'n ding wat lockdown my geleer het is dat daar…

Continue Reading Meer dae, meer dinge…

Donnerse Tsotsies…

Ek sien hom twee of drie keer per dag - soggens vroeg wanneer hy sy vragte bokse na die straathoek toe stoot, en saans wanneer hy die hele spulletjie terugpiekel huistoe. Edward.* So het ek maar agtergekom, is sy naam. Stil, teruggetrokke man.Edward is 'n straatsmous op 'n hoek net om die draai van my werkswinkel af. Zimbabwiër van oorsprong. Pikswart. Ek noem dit, want hy laat my altyd verlang na my ex-32Bn troepe van weleer. Dis dalk hoekom ek van dag een af 'n liking in die man gehad het. Edward doen die straight and narrow in sy nuwe…

Continue Reading Donnerse Tsotsies…

Lockdown Dag 16: Van moerig na mak

EK gaan nie lieg nie:  toe die prez Donderdag-aand aankondig dat hy die lockdown met 'n verdere twee weke verleng was ek dik moerig.  Brombeer se moses.  Ek het buitentoe gestap, 'n sigaret gaan rook, my bek gaan skrop en toe in die bed geklim.  En ge-sulk.  En so het ek Vrydag opgestaan.  Hoogs moerig.  Want WTF dink die regering?!  Ek is nie so gelukkig soos een miljoen plus staatsamptenare wat forever by die huis kan lê en vrot en daar val klokslag 'n pay tjekkie in my bankrekening nie.  Ek moet werk, my kliënte moet werk, die ekonomie moet…

Continue Reading Lockdown Dag 16: Van moerig na mak