Min Leiers & Baie Wyn

Jis!  Ja, it's been a while!  Ek was bietjie skaars, maar dis omdat ek skaars bietjie grond raak.Uit die blokke uit wil ek vir almal wat soveel belangstelling getoon en bestellings geplaas het vir die produkte in die Kantien, sowel as by Hawequas, 'n moerse groot dankie sê!  Ek staan verstom oor die ondersteuning, en ek glo die Soldaat, PlaasYuppie en Hawequas produkte sal 'n spesiale plekkie by hulle nuwe tuistes vind.  Nogmaals dankie!  Dis waar wat hulle sê:  elke keer wat jy by 'n kleinbesigheid iets koop, is daar 'n gesin wat 'n happy dance doen.   Soldaat Back-A-Buddy Met…

Continue Reading Min Leiers & Baie Wyn

Resistance Has Become Duty

Daar sit Cyril Ramaphosa toe gisteraand en kak die nasie uit.  Want sien, dis ONS skuld dat alles verkeerd donner vir 'n onbeholpe regering wat na 110 dae van lockdown nog steeds nie gereed is om die baie beperkte ernstige gevalle van die Chinese virus te hanteer nie. Na 26 jaar van steel, plunder, lieg, bedrieg, korrupsie en kaders, is dit die wyn in jou glas se skuld dat die regering nie voldoende voorsiening kan maak vir hospitaalbeddens en respirators nie.  En toe sit Cyril sy voet neer:  drank word weer verban! En dan is daar wragtig diegene wat dit…

Continue Reading Resistance Has Become Duty

Donnerse Tsotsies…

Ek sien hom twee of drie keer per dag - soggens vroeg wanneer hy sy vragte bokse na die straathoek toe stoot, en saans wanneer hy die hele spulletjie terugpiekel huistoe. Edward.* So het ek maar agtergekom, is sy naam. Stil, teruggetrokke man.Edward is 'n straatsmous op 'n hoek net om die draai van my werkswinkel af. Zimbabwiër van oorsprong. Pikswart. Ek noem dit, want hy laat my altyd verlang na my ex-32Bn troepe van weleer. Dis dalk hoekom ek van dag een af 'n liking in die man gehad het. Edward doen die straight and narrow in sy nuwe…

Continue Reading Donnerse Tsotsies…

Lockdown Dag 16: Van moerig na mak

EK gaan nie lieg nie:  toe die prez Donderdag-aand aankondig dat hy die lockdown met 'n verdere twee weke verleng was ek dik moerig.  Brombeer se moses.  Ek het buitentoe gestap, 'n sigaret gaan rook, my bek gaan skrop en toe in die bed geklim.  En ge-sulk.  En so het ek Vrydag opgestaan.  Hoogs moerig.  Want WTF dink die regering?!  Ek is nie so gelukkig soos een miljoen plus staatsamptenare wat forever by die huis kan lê en vrot en daar val klokslag 'n pay tjekkie in my bankrekening nie.  Ek moet werk, my kliënte moet werk, die ekonomie moet…

Continue Reading Lockdown Dag 16: Van moerig na mak

Lockdown Dag 10: Die Plan Suig

Dit is algemene kennis dat president Ramaphosa 'n groot fên is van die Chinese se manier om COVID-19 te beveg:  hok almal totdat die ding homself uitgewoed het.  Easy.  In Cina, ja.  Hier ter plaatse: big no-no!  Die ironie hiervan is dat Cyril deel was van die oorspronklike probleem; die wortel van die kwaad.  Way back het hy die massas gelei en geleer dat jy slegs jou sin sal kry wanneer jy dinge onregeerbaar maak.  Liberation before education.  Deur klip te gooi, af te breek en brand te steek - so kry jy jou sin.  Dertig jaar later, en sonder…

Continue Reading Lockdown Dag 10: Die Plan Suig

Lockdown Dag 8: Prysuitdeling

Onthou jy DaaglikseDoos se prysuitdelings?!  Dis weer sulke tyd!Na die eerste week van die Goort Inperking is dit tyd om bietjie terug te kyk en 'n paar toekennings te maak aan individue, groepe en organisasies wat hulself  oor die afgelope week onderskei het, en dan ook die wat van hulself poepolle gemaak het.  Ek spring weg met so paar kategorieë wat ekself geïdentifiseer het, maar jy is welkom om voorstelle vir toekomstige kategorieë en benoemings aan te stuur.  Ek plaas later 'n skakel hiervoor. Daar bestaan twee hoofkategorieë, met toekennings vir presteerders in sub-kategorieë en 'n overall wenner in elk…

Continue Reading Lockdown Dag 8: Prysuitdeling