Resistance Has Become Duty

Daar sit Cyril Ramaphosa toe gisteraand en kak die nasie uit.  Want sien, dis ONS skuld dat alles verkeerd donner vir 'n onbeholpe regering wat na 110 dae van lockdown nog steeds nie gereed is om die baie beperkte ernstige gevalle van die Chinese virus te hanteer nie. Na 26 jaar van steel, plunder, lieg, bedrieg, korrupsie en kaders, is dit die wyn in jou glas se skuld dat die regering nie voldoende voorsiening kan maak vir hospitaalbeddens en respirators nie.  En toe sit Cyril sy voet neer:  drank word weer verban! En dan is daar wragtig diegene wat dit…

Continue Reading Resistance Has Become Duty

Burre Says It Ain’t So.

Burre sê die bewerings is onwaar - en hy gaan die vrae wat gister gevra is beantwoord met propperse finansiële state.Way to go!  Ek vir een gaan vandag weer 'n geldjie oorplaas (ek hoop jy wat hier lees kan ook ietsie afknyp - ek plaas die inligting hieronder) - en ek hoop van harte Burre kom deur met sy belofte.  Want dis belangrik, en ek wil weet.  Nie omdat ek nuuskierig is nie, maar omdat daai afgenknypte geldjie 'n ander gat kon toestop, en omdat ek glo in dit wat hy sê hy doen, en dit die minste is wat…

Continue Reading Burre Says It Ain’t So.

Say It Ain’t So, Burre…

In 1919 verloor die White Sox teen alle verwagtinge in die MLB World Series teen die Cincinnati Reds, en gou is daar beweringe dat die White Sox omgekoop is om die reeks te verloor.  'n Hengse ondersoek word geloods, en een van die White Sox helde, "Shoeless" Joe Jackson erken einde te laaste dat die bewerings die waarheid is.  Hulle was oneerlik.  Die frase "say it ain't so, Joe" raak legendaries nadat dit verkeerdelik toegedig word aan 'n klein seuntjie wat die vraag/stelling aan sy held (Jackson) op die trappe van die hof sou gemaak het na afloop van die…

Continue Reading Say It Ain’t So, Burre…

Starry Night, Scary Fight

Ek het die wonderlike voorreg gehad om van middel ’93 tot einde ’94 deel van 61 Meg Bn Gp se O-kompanie te wees.  Eers as Admin Offisier (danksy twee enkeloperasies…), toe tenkafweer-groepbevelvoerder en toe tenkafweer-pelotonbevelvoerder.  Ek was ook daar op die hartseerdag in 2005 toe die eenheid ontbind is en ons vaandel ter ruste gelê is.  Nog nooit in my hele lewe het ek weer so diverse, trotse en gefokusde groep teëgekom nie; die omvangryke gevegsgeskiedenis van die eenheid het ‘n besonderse manier gehad om bande te smee, esprit de corps te kweek en dissipline neer te lê wat vandag nog in…

Continue Reading Starry Night, Scary Fight

Meer dae, meer dinge…

Right, ek hardloop bietjie uit tyd uit hier, so ek gaan hierdie een 'n vinnige enetjie maak... Gedurende die lockdown het ek my liefde vir blogging herontdek.  EK gaan verseker meer en meer gereeld hier skryf.  Dis goed vir my gemoed.  Staal jouself dus vir vele kopwurms en ander gedagtes. (Arme jy...) Die lockdown het my ook geleer om bietjie anders oor besigheid te dink.  EK haat die uitdrukking "the new normal", maar daar lê so bietjie waarheid daarin.  Vandaar die Kantien, maar ek gaan later meer daaroor gesels. Nog 'n ding wat lockdown my geleer het is dat daar…

Continue Reading Meer dae, meer dinge…