Lockdown Dag Who Cares: SitRap

Nope - ek is nie negatief nie!  Inteendeel! Maar ek het vanoggend wakker geword en geen idee gehad van watter dag van die week dit is nie.  Of wat die datum is nie.  Of selfs dag hoeveel van die Groot Inperking dit is nie. Ek mis my workshop.  Bedags bly ek besig met twee groot admin-projekkies, en twee dae terug het ek 'n moerske lang storie vir die blog geskryf (amper klaar...), maar my hande begin sag raak.  En skoon.  Só skoon dat ek 11 houtsplinters ontdek het wat nog nooit gepla het nie.  Ek begin kantoorhandjies kry... Verder dwaal…

Continue Reading Lockdown Dag Who Cares: SitRap

Lockdown Dag 2: Krisisbestuur, en Wat Nou…

So sit ek toe gister hier en probeer my skryf-mojo terugkry.  Hy's verroes - moertoe, my kroon.  Maar ek druk deur en einde te laaste het ek iets wat vaagweg lyk asof ek maar die "Publish" knoppie kan druk.  Maar toe word dit tyd vir 'n glasie wyn en familietyd, so ek druk toe nie die knoppie nie.   Turns out dit was ook maar beter so.  Toe ek vanoggend daai link op Facebook share en ek kliek op hom, toe eindig ek op 'n funny plek.  Nie die plek waar ek wou wees nie.  'n Dodgy alley êrens op die…

Continue Reading Lockdown Dag 2: Krisisbestuur, en Wat Nou…

Lockdown Dag 1: Skryf Iets

SIDE NOTE... Toe ek vroegoggend 'n skakel na hierdie inskrywing op Facebook plaas, kom ek agter een moer het my website gehijack. Toe bou ek die ding oor - lockdown het pakke-pakke voordele, en tyd is een daarvan. Welkom dus sommer ook by die "nuwe" Soldaat.Co.Za! Ek gaan nog so bietjie skuur en skaaf, so wees maar geduldig is iets nie werk nie. All in good time... Barnie bel eergister. Hulle is besig om te skarrel met permitte; hulle is deel van die noodsaaklike dienste wat kan voortgaan tydens die Groot Inperking.“Jakes, skryf daar iets op Facebook wat positief is,…

Continue Reading Lockdown Dag 1: Skryf Iets