A Walk in the Park – Lockdown Style
Gedurende die lockdown was (is!) 'n stappie na aandete so uit soos koekies in die weeshuis - maar net as jy gevang word! Maar soms kan mens nie anders nie. Jy moet stap. Tot jy uitgevang word...
Gedurende die lockdown was (is!) 'n stappie na aandete so uit soos koekies in die weeshuis - maar net as jy gevang word! Maar soms kan mens nie anders nie. Jy moet stap. Tot jy uitgevang word...
'n Lang relaas, maar verseker nie 'n baklei nie, en nog minder 'n simpatie-visvang. Net eerlike, harde werklikheid. Want soms is dit goed om bietjie af te pak...
Ek sien hom twee of drie keer per dag - soggens vroeg wanneer hy sy vragte bokse na die straathoek toe stoot, en saans wanneer hy die hele spulletjie terugpiekel huistoe. Edward.* So het ek maar agtergekom, is sy naam. Stil, teruggetrokke man.Edward is 'n straatsmous op 'n hoek net om die draai van my werkswinkel af. Zimbabwiër van oorsprong. Pikswart. Ek noem dit, want hy laat my altyd verlang na my ex-32Bn troepe van weleer. Dis dalk hoekom ek van dag een af 'n liking in die man gehad het. Edward doen die straight and narrow in sy nuwe…
EK gaan nie lieg nie: toe die prez Donderdag-aand aankondig dat hy die lockdown met 'n verdere twee weke verleng was ek dik moerig. Brombeer se moses. Ek het buitentoe gestap, 'n sigaret gaan rook, my bek gaan skrop en toe in die bed geklim. En ge-sulk. En so het ek Vrydag opgestaan. Hoogs moerig. Want WTF dink die regering?! Ek is nie so gelukkig soos een miljoen plus staatsamptenare wat forever by die huis kan lê en vrot en daar val klokslag 'n pay tjekkie in my bankrekening nie. Ek moet werk, my kliënte moet werk, die ekonomie moet…
Dit is algemene kennis dat president Ramaphosa 'n groot fên is van die Chinese se manier om COVID-19 te beveg: hok almal totdat die ding homself uitgewoed het. Easy. In Cina, ja. Hier ter plaatse: big no-no! Die ironie hiervan is dat Cyril deel was van die oorspronklike probleem; die wortel van die kwaad. Way back het hy die massas gelei en geleer dat jy slegs jou sin sal kry wanneer jy dinge onregeerbaar maak. Liberation before education. Deur klip te gooi, af te breek en brand te steek - so kry jy jou sin. Dertig jaar later, en sonder…
Onthou jy DaaglikseDoos se prysuitdelings?! Dis weer sulke tyd!Na die eerste week van die Goort Inperking is dit tyd om bietjie terug te kyk en 'n paar toekennings te maak aan individue, groepe en organisasies wat hulself oor die afgelope week onderskei het, en dan ook die wat van hulself poepolle gemaak het. Ek spring weg met so paar kategorieë wat ekself geïdentifiseer het, maar jy is welkom om voorstelle vir toekomstige kategorieë en benoemings aan te stuur. Ek plaas later 'n skakel hiervoor. Daar bestaan twee hoofkategorieë, met toekennings vir presteerders in sub-kategorieë en 'n overall wenner in elk…
Teen die einde van vandag is Week 1 van die Groot Inperking iets van die verlede. Die staat beweer daar is nog net 1380 positiewe COVID-19-gevalle, en dat slegs 5 tot op hede (1 April 2020) daaraan dood is. Die grafieke hieronder vergelyk ons met die res van die wêreld: SUID-AFRIKA: 1 APRIL 2020 WERELD: 1 APRIL 2020 Ek wil nou nie sinies klink nie, maar ek ruik 'n rot. Tyd sal leer, maar ek vermoed die Suid-Afrikaanse data is soos die regering van die dag - korrup. Maar dis nie waaroor ek vandag wil gesels nie. Oom Bennie bel…
Nope - ek is nie negatief nie! Inteendeel! Maar ek het vanoggend wakker geword en geen idee gehad van watter dag van die week dit is nie. Of wat die datum is nie. Of selfs dag hoeveel van die Groot Inperking dit is nie. Ek mis my workshop. Bedags bly ek besig met twee groot admin-projekkies, en twee dae terug het ek 'n moerske lang storie vir die blog geskryf (amper klaar...), maar my hande begin sag raak. En skoon. Só skoon dat ek 11 houtsplinters ontdek het wat nog nooit gepla het nie. Ek begin kantoorhandjies kry... Verder dwaal…
Sondag-oggend. Ek lees gister iemand skryf "die kerk is nie toe nie; die kerk is ontplooi!" As soldaat was ontplooiings altyd vir my 'n hoogtepunt. Ek het uniform gedra van 1993 tot 1999. Dit was rowwe jare hier in Suid-Afrika. Almal kan die onrus en massa-slagtings in veral Gauteng en Natal onthou. Die politiek daaragter maak nie vandag saak nie. My eenheid, 61 Meg Bn Gp, was altyd aan die voorpunt van ontplooiings na daardie hotspots toe. Ons was nie "skop en donner" nie - ons was net blêddie goed met wat ons gedoen het. En ontplooiings was ons kos. …
So sit ek toe gister hier en probeer my skryf-mojo terugkry. Hy's verroes - moertoe, my kroon. Maar ek druk deur en einde te laaste het ek iets wat vaagweg lyk asof ek maar die "Publish" knoppie kan druk. Maar toe word dit tyd vir 'n glasie wyn en familietyd, so ek druk toe nie die knoppie nie. Turns out dit was ook maar beter so. Toe ek vanoggend daai link op Facebook share en ek kliek op hom, toe eindig ek op 'n funny plek. Nie die plek waar ek wou wees nie. 'n Dodgy alley êrens op die…